top of page

Die Gesig

Ek is so bly jy het ingeloer! Maak vir jou 'n lekker koppie koffie (of tee, ek sal nie judge nie) voordat jy jou tande in my skryfstukke insink! Ek het nog altyd gevind dat skryf vir my 'n tipe release was van enig iets wat ek voel of deurmaak. Met die dat my lyf nog altyd te klein was vir my emosies, loop baie van dit wat ek voel oor in my skryfstukke. 

​

Ek is 'n geskeide Mamma van 'n pragtige vyf-jarige seuntjie wie onlangs met Moya Moya siekte gediagnoseer is. (Indien jy nou eers by ons aansluit, gaan loer gerus na vorige inskrywings, of gaan Google sommer gou wat dit behels!) Ek is lief vir 'n man wie (ek sweer!) Celestial van aard is. Hy voeg sy pragtige twaalf-jarige tweeling by ons gesinnetjie om ons net mooi een handvol-groot te maak.

​

Hier sal jy te hore kom van "life lately", unapologetically oorgedra in gemengde taal. Jy sal waarskynlik meer hoor as wat nodig is oor hoe ons die lewe navigate as 'n gesin van vyf. 

Ek voel bevoorreg om 'n klein deeltjie van my wêreld met jou te kan deel op my stukkie van die internet. Ek hoop dat jy sal uitreik na my indien jy relate met wat ook al ek deel en hoor baie graag van jou, indien jy met my wil gesels!

​

Liefde,

Lynette

MAKEUP_2021112921223605_save.jpg

Let me know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page