Bitter, bitter-soet
Ek het nou ekstra pakplek vir my handdoeke en
linne in die laaikas wat nou leeg staan
omdat daar nie meer Paw Patrol broekies en
Avengers hempies is wat dit volmaak nie.
Ek sit in die middag ná werk op die bank met my
bene heerlik voor my uitgestrek en binge watch
Grey's met 'n glas rooiwyn
omdat daar nie nou meer skerp elmbogies oral oor
my lyf kan klouter terwyl Power Rangers se tema lied my ore seermaak nie.
Ek het tyd om kreatiewe videos te maak
van kosbare oomblike wat ek deel met Johan
omdat vetterige vingertjies nie konstant meer my
foon kan anekseer om blurry fotos van Mamma en honde en die mooiste perongeluk-selfies te neem nie.
Ek kan met twee koppies rooibostee kamer toe stap
waar ons nou by die sagte lig van ons bedlampies
kan lê en lees
omdat 'n besige lyfie ons nie meer só moeg kan speel dat ons, baie gelukkig, wil uitpass die oomblik wat ons lywe aan die bed raak nie.
Ek kan weer voor sonopkoms in die oggend gaan gym
omdat daar nie meer 'n klein gesiggie is wat
deur-die-slaap vra dat ek asseblief nie moet gaan nie.
Ek kan weer afsprake na werk op my kalender maak
omdat klein ogies nie meer in die middag
opgewonde vir my wag om hom by die skool te kom
haal nie.
Ek kan ons kos- en yskaste vul met eksotiese bestanddele
omdat daar nie meer 'n magie is wat net honger gaan wees vir chips en kaastoasties nie.
Ek kan die skoon wasgoed vir dae op jou bed laat sit
omdat die dinosaurs op jou duvet vir baie lank baie stil gaan lê, terwyl die dinosaurs op jou kussingsloop heerlik in Spanje baljaar.
Ek kan gordyne hang en blinds uitkies in sagte skakerings wat pas by ons smaak
omdat alle kleur, vir nou, uit ons huis moes weggaan.
L
Comentarios