top of page

Please stay on the line

Vandag is ‘n moeilike dag. Dalk PMS ek. Dalk is dit die feit dat J.G. oor 8 dae ses word en ons vir hom moet sing oor die foon. Dalk weeg die fondsinsameling swaarder op my as wat ek besef. Ek sukkel vandag. Dit is een ding om baseball te speel oor die foon met ‘n make-believe bal, of om arm te druk via videocall. Maar wanneer jou seuntjie saggies begin huil, amper asof hy nie wil hê ek moet sien nie, is daardie foonskerm my grootste vyand. J.G. lyk dan nóg kleiner. Verlore. Asof hy staan en wag vir my arms om alles beter te maak, maar niks gebeur nie. En aan hierdie kant van die foon probeer ek hom aanmoedig om by sy Pappa ‘n drukkie te gaan haal, maar hy wil nie. “Ek is net hartseer”, sê hy. Mamma weet, my blom. Mamma weet.

 

Ek bereik ‘n punt waar ek net nie meer myself wil toelaat om te voel nie. Ek is naar van die huil ignoreer, maar ek is al so moeg gehuil. Ek is moeg verlang. En ek is so donners frustreerd met die feit dat alles so duur is! Hoekom kan ek nie net vir hom ‘n verjaarsdag geskenk stuur sonder om drie keer die waarde van sy geskenk aan courier kostes te moet opdok nie? Hoekom kan ek nie net my paspoort afstof en begin beplan aan ‘n Kersfees oorsee nie? Is hierdie die vrae wat almal ook maar op ‘n daaglikse basis vra? Is dit maar net nog ‘n “as geld nie ‘n issue was nie” geval, of het ek die reg om frustreerd te wees? Ek is so versigtig om te kla met die witbrood onder die arm, maar dan weet ek ook dat, selfs al leef ons vir ‘n paar maande sonder die spreekwoordelike witbrood, ek steeds nie in ‘n posisie sou wees om net my tassies te pak nie. Hastag -whateven?!

 

Admin: J.G. begin skoolgaan in September. Ek is só dankbaar dat hy uiteindelik weer tussen kinders van sy ouderdom gaan wees op ‘n daaglikse basis. Sy volgende konsultasie sal egter eers in Oktober wees, want dan is die spesialis weer beskikbaar ná die somervakansie (ugh! I know!) (Ek wil met elke paragraaf omverskoning vra vir die afpak, maar hierdie is after all my blog, so ek kan seker maar hier kom trantrum as ek wil.) Op die home front is daar opwindende nuus wat voorlê, maar ek sal dit deel wanneer dit ‘n done deal is. (Daar gaan dan wéér snot tissues wees, maar van ‘n heel ander soort.)

 

Op ‘n ligter noot, J.G. se verjaarsdagpakkie is amper opgemaak. Hy het gevra vir ‘n Gold Ranger suit (amper klaar gemaak), ‘n rainbow slinky (reeds gekoop), ‘n real Spiderman watch (reeds gekoop), ‘n swaard “wat real lyk, maar nie vir my gaan seermaak nie” (sal more gou ‘n draai by Crazy Store gooi) en dan het ons besluit om paar Suid-Afrikaanse lekkers ook saam te stuur – Fizzers, Jelly-wurms, sulke goed. Daar kom elke keer wanneer ons gesels nóg iets op die lysie, maar dit sal maar moet oorstaan tot volgende jaar.

 

As jy kan dink aan nog iets wat eg Suid-Afrikaans is en wat in die kategorie van “sweets” val, los dit vir my in die comments asseblief. Ek moet die spasie in sy pakkie volmaak, anders gaan ek net dalk self daar inklim.

 

 

L


O, ja, voor ek vergeet, het iemand al begin werk aan 'n ekwivalent van die Nobel Peace Prize, maar wat toegeken word aan mans wie hulle lewe VRYWILLIG deurbring saam met oor-emosionele vrouens. Jy weet, daai mans wie altyd gereed is met 'n drukkie en elke keer weet wat om te sê. Die tipe man wie nie terugstaan vir 'n breakdown nie.

Ek vra namens 'n vriend.

 

**Link na ons BackaBuddy fondsinsameling:


Whatsapp my gerus indien jy enige inligting nodig het oor J.G. se toestand of oor ons situasie ✌️066 213 4332

Let me know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page