top of page

In the interim

Twee-en-'n-halwe maande. Dit is hoe lanklaas ek die moed gehad het om te blog. Was ek besig? Sure. Was ek té besig om te skryf? Glad nie. Maar ek het uitgestel. Want ek wou nie nòg 'n blog skryf oor my frustrasie met die tekort aan vordering wat ons maak met J.G. se situasie in Spanje nie (dit is nogsteeds onveranderd, by the way). So ek gaan ook nie nou nie. 'n Life Lately is waarskynlik in orde gegewe my onverskoonbare afwsigheid. Wat het ons die laaste twee maande aangevang, vra jy? Laat ek net gou die steen op my linker hand se vierde vinger reg draai, sodat ek makliker kan tik.


J.G. het verjaar en ons het vir hom 'n verjaarsdagpakkie na Spanje gestuur. Ons was verstom om te sien dat die waarde van die pakkie sewe-honderd-en-veertig keer die waarde van die geskenk was, maar J.G. se gesiggie toe hy dit oopmaak het die prys heeltemal die moeite werd gemaak (altans, dis wat ek veronderstel is om te sê, right?). Ek het gehuil omdat hy op sy verjaarsdag alleen moes koek eet (en bietjie oor die koste van die courier), maar beter gevoel toe ek hoor hoe baie hy die sy verjaarsdag geniet het. Ek en Johan het naweke spandeer in volle Worldcup-mode en my verjaarsdag was daarom so bietjie afgeskeep wat beplanning aan my kant betref. My liewe Johan het gelukkig my hele verjaarsdag versier met 'n silwer-ring-in-'n-swart-boksie (!!) en ons het besluit om sommer dadelik te trou - en nie omdat ek swanger is nie (ek wens!). Miskien kan ek hier gou klein bietjie stilstaan.


Ons is baie dankbaar aan ons vriende en nie-onmiddelike familie wie ons situasie verstaan. Ons het besluit om vroeëer eerder as later te trou vir die eenvoudige rede dat ons nie wil begin beplan eers wanneer J.G. terug is in Suid-Afrika nie, bloot omdat ons nie weet wanneer dit gaan wees nie. Verder gaan die grootste deel van ons fondse nou aan J.G. se mediese onkostes en ons het dus nie nou die means om 'n Big White Wedding te reël nie. En, doodeerlik, pas dit ons albei PERFEK. Sodra J.G. terug is in Suid-Afrika gaan ons die Big White Reception doen saam met al ons kinders en familie en vriende, met die speeches en eerste dans en selfs die bouquet toss.

Vir my, persoonlik, is dit omdat ek voel ek het lank genoeg gewag. Dit klink dalk vreemd omdat ek reeds getroud was. Maar wanneer jy bevoorreg is om Die Regte Een te vind voel dit soos die eerste keer. Ek wil Johan se van hê. Ek wil geassosieer wees met hom. Ek wil nie die titel as "iemand" se vrou hê nie, maar wil geken word as SY vrou. Ek wil hê ons volgende hoofstuk moet begin. Ek wil nie meer wag nie.


Ons het een jaar post-stroke gevier en ons was weer fancy by die jaarlikse Splash of Pink champagne fees in Robertson. Die Bokke het die Wêreldbeker gewen en ons het ons Bachelor en Bachelorette partytjies gehou (sommige van ons onthou dit en sommige van ons doen nie - follow my eyes, but don't look now). Ons firma het sy eerste Hooggeregshofsaak gehad EN gewen, en ons het nog net vier dinge oor op die lysie vir die troue.


Ek het intussen besluit om 'n sielkundige te sien met die hoop dat dit net 'n ekstra outlet is, sodat ek minder by Johan hoef te huil (skuus, my skat - ek weet jy gee nie om nie). My eerste afspraak is volgende week en ek sal deurentyd my ervaring daarmee hier deel.


Ek het vroeër die week geworstel met die gevoel dat ek 'n break nodig het van my daaglikse videocalls met J.G. Hoe durf ek so voel? Ouers kry nie 'n break van hul kids nie! Sy pa en Tracey het nie die luxury van 'n break nie en hulle woon in dieselfde huis! Wat is fout met my?!

Ek het egter tot die slotsom gekom dat ek nie 'n break nodig het van my videocalls met J.G. nie - ek het 'n break nodig van elke keer weer moet Bye sê. Elke dag. Soms 3 keer 'n dag.


En dit, my liewe mens, is die heel eerste ding waaraan ek gaan werk terwyl ek op die naat van my rug lê en na die dokter se plafon staar. Want in hierdie stadium is ek bitter bang vir Koebaai.


L

Comments


bottom of page