Skuld
Die tema van my lewe die afgelope drie weke. Ek is 'n top-kenner in die gebied van "mom-guilt". Ek het al blogs en notas en posts en boeke vol geskryf oor hierdie oorweldigende, wurgende, alomheersende gevoel wat soos fairy dust oor jou gesprinkel word die oomblik wanneer daai naelstring geknip word. En soos ek van die "meer gevorderde" mammas verstaan, is dit nie 'n gevoel wat ooit weggaan nie. So ek het my vrede met dit gemaak en ek het geleer om met dit saam te leef en te probeer om nie so hard op myself te wees nie. En ek probeer elke dag om myself 'n break te gee. Ek probeer. Elke dag.
Maar kom ons gooi nog so ietsie by. Kom ons maak 'n draai in die area van "work-guilt". Iets wat nie outomaties almal se lewe betree nie. Iets wat jou lewe oorneem wanneer jy gemaak is uit tagtig persent kompeterend, tien persent selfstandigheid, tien persent control freak en honderd persent trots.
Die probleem hier is dat mom-guilt en work-guilt onverwyld, een honderd persent teen mekaar werk. Dit is 'n wrede tug-of-war, en wanneer jy minder van die een voel beteken dit gewoonlik dat jy meer van die ander voel. Werk is onder beheer en niks is agter nie? Jy het waarskynlik gisteraand te min aandag aan jou kind gegee. Kind is siek en/of vereis konstante aandag? Eposse vul jou inbox en sperdatums word gemis.
Die afgelope drie weke het ek myself bevind in 'n ongewone situasie waar werk elke laaste milligram van my wese vereis het. Dit was all hands on deck en het ontaard in 'n hele paar all nighters voor die rekenaar wat dan oorloop tot 5am kosblikkies pak of medikasie ruil wanneer die huis moet wakker word, vinnig koffie afsluk en aantrek (ons kan vannaand stort). Ek moes die keuse maak, ná my gesondheid 'n knock gevat het, om my promosie besigheid toe te maak. En met die sluit van my besigheid moes ek verskeie persone teleurstel. Ek is pynlik bewus daarvan. Ek het toe besef dat daar 'n derde been aan hierdie guilt-monster is: Social-guilt.
Wanneer laas het ek ingecheck met mense wie vir my belangrik is? Wanneer laas het ek op 'n whatsapp gereageer met 'n deurdenkte response eerder as 'n afgejaagde boodskap net sodat ek nie die persoon op 'n blue tick los nie. Wanneer laas het ek gehoor hoe dit gaan met die vriend wie onlangs besluit het om iemand te gaan sien omdat die lewe te veel raak, of 'n boodskap gestuur vir daai jare lange vriendin net om te hoor hoe dit gaan met die nuwe baba.
Ek voel skuldig. Ek voel skuldig dat ek nie uitkom by alles waarvoor ek drie weke terug tyd gehad het nie. Nee. Ek rephrase. Ek voel skuldig dat ek nie uitkom by ALMAL vir wie ek drie weke terug tyd gemaak het nie. Indien jy aanklank vind by hierdie post en wonder waarom ek weggeraak het of, soos ek perongeluk gehoor het iemand sê "tyd het om die wêreld vol rond te rits en lekker te lewe", wees asseblief geduldig met my. Ek maak in hierdie stadium naweke tyd vir myself omdat ek gedurende die week tot 20 ure op 'n dag in overdrive is tussen werk en ma-wees. Party dae selfs deurgaan sonder om te slaap. Ek skakel nie af nie en het daarom die besluit geneem om naweke my selfoon neer te sit en myself kans te gun om te recharge.
Daar is lig aan die einde van hierdie tonnel. Normale werksure en normale slaap-ure wink vir my. Tyd om saans voor die TV te sit en behoorlik te reageer op boodskappe en in te check met mense wie vir my belangrik is, is weer in sig. Ek moes vir 'n oomblik net die pause button druk.
Ek hoop, nadat ek deur hierdie uitdagende tyd aan die ander kant uitgekom het, ek my sosiale verhoudings kan optel waar ek dit noodgedwonge moes neersit.
Please stay on the line. We appreciate your patience and will get to you just as soon as possible.
L
Comments