Vakansie-liefde
Dis die manier hoe jy my hand met mening vat wanneer ons iewers heen stap en ek dan voel hoe jy met mening aan my hart vat.
Dis die manier hoe jy oor my been vryf wanneer ons langs die vuur sit terwyl ons kyk hoe die son sak, omdat jou hande nooit verder as 'n asemhaling weg van my is nie.
Dis hoe jy die tentpen se tou plat trap sodat ek nie oor dit val nie, en jy dink ek merk dit nie op nie.
Dis hoe jy die glas waaruit jy al heeldag drink vir my gee en die een met die chip vat sodat ek nie my mond sny nie.
Dis hoe jy my hand vat selfs al stap ons net vier treë tot by die badkamers.
Dis hoe jy met toe oë, deur die slaap, jou arms desperaat na my uitsteek wanneer ek terug in die bed klim na ek gou toilet toe was.
Dis hoe jy vir die drie-honderd-en-eerste aand steeds langs my in die bed kan klim en vir my vertel op watter wyse ek vandag jou hart gewen het.
Dis hoe móói 'n sonsondergang hier in Gansbaai is maar ek dan nie kan besluit of dit objektief mooi is, en of dit jy is wat dit mooi maak nie.
L
Comments