top of page

Vangnet

Vandag het ek gery. Baie gery. Ek het die hele Kaap area platgery opsoek na winskopies en goeters om ons nuwe huis mee aan te vul. Dit was 'n ambisieuse en belonende tippie. Dit was ook 'n emosionele en sentimentele een.


Ek het myself gevind verby winkels en kuierplekke ry wat ek gereeld besoek het voor ek getrek het. Ek het verby 'n woonstel gery waar ek en J.G. in 'n stadium gewoon het. Ek het myself gevang stadiger ry om te sien wat die mense gemaak het met "ons" gras en watter gordyne voor "ons" vensters hang. Hoe stadiger ek ry hoe aakliger het ek begin voel. Dit was asof die twee jaar van my lewe wat ek daar gebly het binne ses sekondes deur my liggaam geruk het. Ek onthou hoe ek in hierdie woonstel vir die eerste (en laaste) keer vlugtig met depressie te doen gekry het. Hoe ek 'n slagoffer was van leë beloftes oor 'n beter lewe en onnosel besluite geneem het. Ek onthou die weke, maande, jare van sterk voorkom sodat J.G. nie besef hoe broken ek is nie. Ek besef dan dat dit in hierdie woonstel is waar ek die laagste punt van my bestaan óóit bereik het.


Toe ek verby die woonstel is moes ek myself tot verhaal bring. Ek moes myself herinner dat ek vanmiddag na 'n huis ry waar ek veilig is. Waar ek nie 'n tekort het aan enig iets nie. Nooit weer nie. Waar geluk my omhels die oomblik wanneer ek by die hek inry. Waar ek kan beplan, en nie onseker voel nie. Waar ek saans gaan slaap sonder om te worry (dit is vir my só nuut!) en môreoggend opstaan met opwinding wat my lyf oorneem. Ek ry na 'n lewe waar ek die hoogste vlak van gemoedsrus en geluk in my hele bestaan nóg ervaar het.


En dan is dit vir my moeilik om te glo dat daai woonstel nét vroeër hierdie sélfde jaar nog my realiteit was. Hierdieselfde jaar


***


So byt vas. Ek sien jou. Ek het nie my happily ever after sien kom nie. Dit het my teen die spoed van lig uit 'n nagmerrie kom ruk en saggies neergesit presies waar ek hoort.


L

Commentaires


bottom of page